Original Research

Therapy in the early stages for a head-injured patient

H. P. Maree
South African Journal of Physiotherapy | Vol 33, No 4 | a1147 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajp.v33i4.1147 | © 2018 H. P. Maree | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 16 October 2018 | Published: 31 December 1977

About the author(s)

H. P. Maree, University of Cape Town, South Africa

Full Text:

PDF (125KB)

Abstract

Waarmeming en evaluering vorm die belangrikste deel van behandeling in die vroee stadium na hoofbeserings. Pre-operatief behoort die pasient so gemaklik moontlik gemaak te word en by die hantering van so 'n pasient moet die bewuswording van die totale liggaamsbeeld in ag geneem en beklemtoon word. Post-operatief of post-traumaties behoort alle aspekte van die pasient se toestand, hierdie sosiale, sielkundige, fisiese en emosionele probleme, aandag te geniet. Die verskillende stadia van bewustheid word bespreek en daar word veral klem gelê op die feit dat personeel op normale toon met die pasient moet praat.
Evaluering moet sistematies geskied en voortdurende, noukeurige waarmeming is noodsaaklik. Posisionering, passiewe bewegings en die beperking van hiperaktiwiteit moet volgens die pasient se toestand bepaal en toegepas word om optimum voordele vir die pasient in te hou. Verwaarlosing mag plaasvind as daar geen sigbare verbetering teenwoordig is nie en dit lyk asof die pasient nie saamwerk nie. Nogtans moet vroee behandeling daarop gemik wees om die pasient voor te berei vir latere behandeling. Doeltreffende, voldoende en effektiewe behandeling is dus die hoofdoel.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1069
Total article views: 438


Crossref Citations

No related citations found.